
Fiksie. Zabeth beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In Sheldon Manor kom sy al hul vreemde tragedies en intriges tee: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. Kort na Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk, en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders. Tussen Zabeth, Wilbur en Liam moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.
You need to be a member to download titles.
Please log in or become a member